



Kortom 14 Julie 2026
Richard van der Westhuizen lees drie van Jan Horn se kortverhale voor, en vertolk as’t ware die rol van Jan Horn. Hy word met ‘n stofsuier gekonfronteer in DIE KIRBY; die Minister van “It is Forbidden” stem hom tot nadenke oor aaptwak in EN JY MAG NIE; en in DIE WHEATSTONE probeer ‘n konsertina bes…

Kortom 7 Julie 2026
Nelia Engelbrecht vertel in haar kortverhaal, WRAAK PROE SOOS MELKSKOMMEL, van ‘n tienerseun se planne om die boelies in sy skool te uitoorlê. Die voorleser is Wiandré du Plessis.

Kortom 30 Junie 2026
Richard van der Westhuizen lees twee stories voor uit Jan Horn se gewilde bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS. WAAIGRAS EN DIE BARMHARTIGE SAMARITAAN en ’N WOORDEBOEK IN C SHARP is bekoorlike verhale vol pret en menslike patos.

Kortom 23 Junie 2026
Elma Potgieter vertel in haar kortverhaal, MY LIEFSTE KARA, van ‘n sielkundige se moeilike besluit. Hy moet beslis oor of hy ‘n dame gaan ontslaan wat ‘n erge senuwee-ineenstorting ervaar het weens ‘n plaasmoord. Die voorlesers is Estel de Beer en J.J. Roberts.

Kortom 16 Junie 2026
Richard van der Westhuizen lees twee stories voor uit Jan Horn se gewilde bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS. AS GEITJIES BOOMSLANGE WORD is so waar soos padda manel dra, of nie? En in DAAR’S WATER word daar water getref met ‘n onkonvensionele nie-wetenskaplike metode.

Kortom 9 Junie 2026
Abri le Roux vertel in sy kortverhaal, PRETORIA SE TEATERSPOOK, van die manwales van die spook in die Masker Teater in Pretoria. Die voorleser is Eddie de Jager.

Kortom 2 Junie 2026
Richard van der Westhuizen lees twee stories uit ‘n oud SAUK-ner, Jan Horn, se bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS voor. Jan vertel van sy kinderdae waar hy op die Vaalhartsbesproeiingsskema grootgeword het in SOETDORING-KRISMIS. In KERSNAG OP DIE HONGAARSE GRENS, vertel hy van sy pa wat met ‘n verbeel…

Kortom 26 Mei 2026
Marie Toerien vertel in haar kortverhaal, CARIEMA SE KAFEE, van ’n Kaapse vrou en hoe elemente soos Maleise kos en Distrik 6 haar goue herinneringe en lewensdrome ‘n realiteit gemaak het. Die voorleser is Kim Cloete.

Kortom 19 Mei 2026
De Klerk Oelofse lees WÊRELDBEKER-EINDSTRYD 2019 en DIE TOEKOMS voor uit Dana Snyman se bundel, WIE DE HEL IS JOHNNY JOUBERT: NOTAS VAN ’N RUGBYLIEFHEBBER. Dana het die 2019-eindstryd tussen die Springbokke en die Engelse Rose tydens ‘n letterkunde-naweek deur ‘n Bodorpse en Onderdorpse skrywersb…

Kortom 12 Mei 2026
Trisha Hugo vertel in haar kortverhaal, DIE LAASTE GYM, van ’n vrou wat op soek is na ‘n rusplek vir haar naderende herfsjare. Dit delf in diepte oor die soort vra wat sy haarself moet afvra om die gepaste tuiste te vind. Die voorleser is Marelize Engelbrecht.