

Kortom 15 September 2026
Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIE ROOI VAAS, van ‘n jong dame wat baie waarde heg aan ‘n vaas wat aan haar tante behoort. Stukkie vir stukkie ontdek sy ook die geskiedenis van die vaas. Die voorleser is Lizelle Pike.

Kortom 8 September 2026
Dean Balie deel die oudpolisieman en skrywer, Piet van Wyk, se ervaring van sy vriend Carlos met ons in die kortverhaal, CARLOS. Kayle Farmer lee die gedig, VURE, voor.

Kortom 1 September 2026
Nellie Alberts skryf in die kortverhaal, ELKE HOND KRY SY DAG, van ‘n tienerseun wat ‘n afgetrede polisiehond aanneem, en die avonture waarop hulle gaan. Die voorleser is Armand Martins.

Kortom 25 Augustus 2026
TUSSEN TWEE VURE, Pieter van Wyk se ervarings as ‘n jong polisieman in ‘n veranderende Suid-Afrika, kom weer aan die beurt. Dean Balie deel oud-polisieman en deesdae advokaat, Piet van Wyk, se ervaring van sy dienstydperk in Laingsburg. Kayle Farmer lees ook ROEPER voor, ‘n gedig van Van Wyk, wat b…

Kortom 18 Augustus 2026
Audrey Blignault deel in haar kortverhaal, ‘N RYSTOEL MET ROOI ROSE, die ervaringe van ‘n jong dogter wat vir die eerste keer in haar lewe sal weet hoe dit voel as oupa en ouma saam in die ouerhuis kom bly. Die voorleser is Bertha Le Roux-Wahl.

Kortom 11 Augustus 2026
Dean Balie lees Pieter van Wyk se kortverhaal, TUSSEN TWEE VURE, oor ervarings as ‘n jong polisieman in ‘n veranderende Suid-Afrika.

Kortom 4 Augustus 2026
Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIT WAS ‘N VOORGEVOEL, van twee boeties wat vir jare lank nie met mekaar gepraat het nie, maar wel tog op die punt staan om dalk vrede te maak, weens nuus wat hulle ontvang het. Die voorleser is Philru van Achterbergh.

Kortom 28 Julie 2026
Richard van der Westhuizen lees Jan Horn se twee kortverhale, ’N KAR HET KARAKTER en TOTSIENS MY SKATTEBOL, uit sy aweregse bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS.

Kortom 21 Julie 2026
Elsabe de Jager deel in haar kortverhaal, ‘N HOND SE HART, die ervaringe van ’n emigrant, en hoe so ‘n skuif ‘n dame en haar hele gesin vir altyd beïnvloed. Die voorleser is Sue Pyler-Slabbert.

Kortom 14 Julie 2026
Richard van der Westhuizen lees drie van Jan Horn se kortverhale voor, en vertolk as’t ware die rol van Jan Horn. Hy word met ‘n stofsuier gekonfronteer in DIE KIRBY; die Minister van “It is Forbidden” stem hom tot nadenke oor aaptwak in EN JY MAG NIE; en in DIE WHEATSTONE probeer ‘n konsertina bes…