2 Junie 2026: Drie professors, wat lede van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is, vertel wat ‘n wetenskapprojek laat uitstaan, en waar om te begin. Hazel Janse van Rensburg gesels ook met twee dertienjarige vriende, wat ’n KI-gedrewe hulpmiddel ontwikkel het om onderwysers in oorvol Suid-Afrikaanse klaskamers te ondersteun. Hulle is gekies om Suid-Afrika by die Genius Olympiad in New York te verteenwoordig.