17 Junie 2026: Brooklyn Okkers, ‘n 17-jarige matrikulant, blink uit in hokkie, cheerleading, dirigente, redenaars en debat, maar dis rugby wat haar hart gesteel het. Sy het eers haar BokSmart-veiligheidskwalifikasie gekry, ’n belangrike stap vir enige rugbyskeidsregter. Daarna het sy Wêreld Rugby se kursusse begin voltooi. Sy het reeds sewe kwalifikasies, maar dis net die begin vir hierdie meisie van die Overberg.