Dis makliker om ‘n tweede of derde taal aan te leer as jou moedertaal se grondslag baie sterk is. Rene Arendse, woordvoerder en media- en kommunikasiespesialis vir Afrikaans.com, gesels oor moedertaalonderrig, veeltaligheid en hoe dit jou akademiese prestasie, selfvertroue en selfs jou toekoms kan beïnvloed.