Arlene Jacobs, ‘n prokureur wat struktuur en ‘n vaste salaris verruil het vir ‘n droom om haar eie blombesigheid te bestuur, vertel wat gebeur wanneer die pad wat jy gekies het, nie meer soos jóú pad voel nie. Sy gee ook raad oor hoe om jou passie en finansiële verantwoordelikhede te balanseer.