As jy onlangs jou matriekuitslae ontvang het, maar nie seker is oor wat dit beteken nie, gaan ons dit vir jou uiteensit. ‘n Kennis van vakkodes, NSS-slaagtipe en toelatingsvereistes is noodsaaklik vir leerders om realistiese en ingeligte studiekeuses te maak.