



Kiskenades - Episode 222
Daar is ’n groot storm terwyl die speelgoed alleen by die huis is. Ná die storm sien hulle ’n vreemde diertjie in die tuin, wat die wind uitgewaai het.

Kiskenades - Episode 221
Alicia en haar vriend Pieter speel in die park saam met Katryn Kraai en Spekkies Vark. Spekkies beland in die moeilikheid, en die ander moet bontstaan om hom te red.

Kiskenades - Episode 220
Daar wag ’n groot verrassing vir juffrou Veertjie Volstruis, die speelgoedkis se enigste skooljuffrou. Al die boublommannetjies en van die ander speelgoed werk saam om dit moontlik te maak.

Kiskenades - Episode 219
Van die speelgoed is in groot moeilikheid by juffrou Veertjie Volstruis, die speelgoedkis se enigste skooljuffrou. Gelukkig dink Daisy Dinosourus op haar voete, en kry sy hulle uit die moeilikheid.

Kiskenades - Episode 218
Daar is ’n groot misverstand in die speelgoedkis. Tandjies Muis sien hoe Daisy Dinosourus vir een van die Boublokmannetjies wil opeet, en skrik hom boeglam.

Kiskenades - Episode 217
Daisy Dinosourus onderneem om Poppelief Poppie te help met iets. Barbara Pop bied ook haar hulp aan. Maar, o wee, dis makliker as gesê as gedaan, en die twee speelgoed se geduld met mekaar raak ook op.

Kiskenades - Episode 216
Spekkies Vark maak ’n nuwe vriend. Die vriend is ’n interessante mannetjie wat in die tuin woon. Sal die nuwe maatjie Spekkies kan help om weer terug in die woonstel te kom?

Kiskenades - Episode 215
Alicia en van haar maats reël vir hulle vriendin Chantelle ’n verrassingspartytjie. Die speelgoed is ook deel van al die planne. Agter die skerms word daar gepluk en geplooi om hierdie partytjie ’n sukses te maak.

Kiskenades - Episode 214
Die speelgoed van die speelgoedkis help Alicia om ’n goeddoenlysie saam te stel. Alicia wil die wêreld ’n beter plek maak, en soms hoef jy nie ver te soek om dit te kan doen nie.

Kiskenades - Episode 213
Alicia en haar broer-hulle wil ma verras vir Moedersdag. Natuurlik wil die speelgoed van die speelgoedkis help. Alicia en die speelgoed beplan en pluk en plooi agter die skerms om hulle planne uit te voer.