

Kiskenades - Episode 234
Die speelgoed ontvang ’n toeris, en neem hulle op ’n begeleide toer deur die speelgoedkis. Katryn Kraai tree as toergids op, en Tessa Trein verskaf die vervoer.

Kiskenades - Episode 233
Poppelief Poppie maak vir haar klere met die naaimasjien wat sy gekry het. Tandjies Muis en Spekkies Vark wil ook op die nuwe masjien werk, maar nie een van hulle is bereid om hulle beurt af te wag nie...

Kiskenades - Episode 232
Die speelgoed van die speelgoedkis konkel behoorlik om hulle mensemaatjie, Alicia, te verras met ’n goeie daad. Elkeen het iets om te doen, maar ’n ketting is so sterk soos sy swakste skakel, en as almal nie saamwerk nie...

Kiskenades - Episode 231
Die speelgoed van die speelgoedkis hou vir Spekkies Vark ’n verjaardagpartytjie. Maar, o wee, Spekkies weet nie hoe om hom te gedra teenoor die speelgoed wat na sy partytjie toe kom nie.

Kiskenades - Episode 230
Die speelgoed van die speelgoedkis speel met ’n leë boksie. As die boksie leeg is, kan hulle dit rondstoot, maar as dit vol is, kry hulle dit nie reg nie. Hulle kan dit nie verstaan nie.

Kiskenades - Episode 229
Alicia se boetie, Dirkie, is siek en moet dokter toe gaan. Die speelgoed van die speelgoedkis gaan saam, en in die spreekkamer ontmoet hulle ’n baie interessante speeldingetjie wat daar bly.

Kiskenades - Episode 228
Tandjies Muis en Katryn Kraai kuier in die wolke. Daar ontmoet hulle die wolkprinses en al die druppeltjies wat daar woon. Hulle leer alles oor wolke en reën.

Kiskenades - Episode 227
Spekkies Vark ontmoet vir Lolla Lappop. Saam besluit die twee dat Lolla vir Spekkies kan kom kuier, sonder om toestemming te vra vir hulle mensemaatjies of die ander speelgoed. Dit was beslis nie ’n goeie plan nie.

Kiskenades - Episode 226
Die speelgoed van die speelgoedkis speel ’n speletjie. Spekkies Vark word kwaad. en hy besluit om weg te loop...

Kiskenades - Episode 225
Alicia vergeet dat sy pligte het om te doen. Sy en die speelgoed van die speelgoedkis speel te lekker. Toe hulle besef dat Alicia vergeet het om haar pligte na te kom, help die speelgoed haar om dit te doen.