
Kiskenades
Kiskenades, geskep en geskryf deur Thomas van Niekerk, handel oor die sewejarige Jerome wat 'n kis vol speelgoed ontdek. Hierdie interessante skatkis neem hom onder andere na die wêreld van dinosourusse en hy ontmoet 'n kraai en donkie wat kan praat! Sy verbeelding kry vrye teuels, en tussendeur leer hy hoe om tel en te spel.Social links:

Kiskenades - Episode 237
Spekkies Vark ontmoet vir Bill die Padda by die dam naby hulle huis. Alicia en haar speelgoed besluit toe Bill moet by hulle in die speelgoedkis kom bly, maar dit was nie eintlik ’n goeie idee nie...
10:12
Kiskenades - Episode 236
Alicia en haar maatjie, Sura, werk aan ’n taak oor gesonde eetgewoontes. Tandjies Muis se gedagtes is egter op ’n ander plek. Hy dink net aan speel...
08:55
Kiskenades - Episode 235
Alicia en haar maatjie, Chantelle, speel winkel-winkel. Spekkies Vark speel saam. Later toe Spekkies die speletjie aan die speelgoed wil verduidelik, toe werk dit nie so lekker uit nie. Wat kon tog verkeerd geloop het?
10:00
Kiskenades - Episode 234
Die speelgoed ontvang ’n toeris, en neem hulle op ’n begeleide toer deur die speelgoedkis. Katryn Kraai tree as toergids op, en Tessa Trein verskaf die vervoer.
10:06
Kiskenades - Episode 233
Poppelief Poppie maak vir haar klere met die naaimasjien wat sy gekry het. Tandjies Muis en Spekkies Vark wil ook op die nuwe masjien werk, maar nie een van hulle is bereid om hulle beurt af te wag nie...
09:27
Kiskenades - Episode 232
Die speelgoed van die speelgoedkis konkel behoorlik om hulle mensemaatjie, Alicia, te verras met ’n goeie daad. Elkeen het iets om te doen, maar ’n ketting is so sterk soos sy swakste skakel, en as almal nie saamwerk nie...
09:49
Kiskenades - Episode 231
Die speelgoed van die speelgoedkis hou vir Spekkies Vark ’n verjaardagpartytjie. Maar, o wee, Spekkies weet nie hoe om hom te gedra teenoor die speelgoed wat na sy partytjie toe kom nie.
10:09
Kiskenades - Episode 230
Die speelgoed van die speelgoedkis speel met ’n leë boksie. As die boksie leeg is, kan hulle dit rondstoot, maar as dit vol is, kry hulle dit nie reg nie. Hulle kan dit nie verstaan nie.
09:45
Kiskenades - Episode 229
Alicia se boetie, Dirkie, is siek en moet dokter toe gaan. Die speelgoed van die speelgoedkis gaan saam, en in die spreekkamer ontmoet hulle ’n baie interessante speeldingetjie wat daar bly.
08:28
Kiskenades - Episode 228
Tandjies Muis en Katryn Kraai kuier in die wolke. Daar ontmoet hulle die wolkprinses en al die druppeltjies wat daar woon. Hulle leer alles oor wolke en reën.
09:53