Kat en hond 27 Maart 2021
Alle goeie dinge kom tot ‘n einde, en dis ook die geval met Kat en Hond. Na agt maande se heerlike saamkuier groet Lizma van Zyl met hoogtepunte van die reeks. Kenners deel vir oulaas hulle wyshede oor troeteldierversorging, en ‘n paar van die bekendes met wie Lizma gesels het, vertel van hulle li…
Kat en hond 20 Maart 2021
In die voorlaaste program van die reeks kyk ons na al die belangrikste aspekte van troeteldierversorging. Lizma van Zyl gesels met veearts dr. Hector Dreyer, wat verduidelik hoekom die regte kos, genoeg oefening en aandag so belangrik is. Hy gee ook wenke oor hoe om gesondheidsprobleme op te tel.
Kat en hond 13 Maart 2021
Ons honde en katte kommunikeer heeltyd met ons, maar tog is daar ‘n groot gebrek aan begrip wannneer dit by ons vierbeenkinders se lyftaal kom. Lizma van Zyl gesels met gedragskenner Madre Henderson wat die sluier lig oor katte en honde se geheime taal. Madre se wenke sal help om jou band met jou t…
Kat en hond 6 Maart 2021
Lizma van Zyl kuier in Khayelitsha om meer uit te vind oor ‘n reuse sterilisasieveldtog, en vat dan die pad Keurboomstrand toe. Hier gaan kuier sy by twee mense wat na aan die aarde en ook aan hulle diere leef, Elbie Steyl en Izak Botha.
Kat en hond 27 Februarie 2021
Om ‘n veearts te wees, is nie aldag maklik nie. Lizma van Zyl kuier by dr. Morné de Wet om te hoor wat die uitdagings en vreugdes van sy beroep is. Hy vertel onder meer van die harde bene wat hy aanvanklik moes kou weens die feit dat hy allergies is vir diere. Morné gee ook raad aan jongmense wat …
Kat en hond 20 Februarie 2021
Daar is nie baie mense wat die wil of geduld het om vir ‘n verwaarlooste, wilde kat, ‘n huis te gee nie. Marian van Wyk van die tydskrif TUIS het egter dié uitdagende pad gestap met haar Nebukatneser – ‘n kat wat vir lank nie sonder handskoene aangepak kon word nie. Lizma van Zyl gesels met Marian …
Kat en hond 13 Februarie 2021
Die siggestremde Matiestudent Michelle Nell is nie net ‘n uitblinker op akademiese gebied nie, maar ‘n inspirasie vir almal met haar ingesteldheid teenoor die lewe. Lizma van Zyl kuier by Michelle en gesels oor haar groot hartseer - om afskeid te neem van haar geliefde gidshond Donna wat ná 12 jaar…
Kat en hond 6 Februarie 2021
Dit is traumaties om ‘n troeteldier te verloor. Iemand wat al bykans twee maande lank naarstigtelik na haar hondekind soek, deel haar ervaring. Lizma van Zyl gesels met Soné Louw van Pretoria oor haar verbete stryd om haar beagle, Luke, op te spoor. Lizma gesels ook met dieregedragskenner Jackie Ha…
Kat en hond 30 Januarie 2021
‘n Groep vriende se liefde vir hulle troeteldiere en hulle behoefte aan antwoorde nadat hulle hond- of katkinders weens kanker gesterf het, het tot baanbrekerswerk gelei. Lizma van Zyl gesels met Munnik Marais oor sy nuwe nie-regeringsorganisasie, SAACA, wat hom toespits op kanker onder huisdiere. …
Kat en hond 23 Januarie 2021
Sekere soorte lelies is uiters giftig vir katte. Lizma van Zyl het, danksy ‘n luisteraar, hiervan te hore gekom en by dr. MC Franken van die Hermanus Dierehospitaal gaan aanklop vir meer inligting. Hy beantwoord ook ‘n paar interessante vrae waarby baie troeteldiereienaars sal baat, soos hoe om jou…