Elke jaar span Winterhoop en RSG-luisteraars kragte saam om kwesbare mense in ons gemeenskappe te help. Die doel van Winterhoop is om gemeenskappe in nood dwarsoor die land op ‘n verantwoordelike manier te ondersteun tydens die koudste maande van die jaar. Winterhoop samel nie-bederfbare voedsel, warm klere en komberse in by ongeveer 140 versamelpunte regoor die land. Van hier word dit in die plaaslike gemeenskap na die mees weerloses versprei. Ons praat hieroor met dr. Marinda van Niekerk, bestuurshoof van PEN en ambassadeur van Winterhoop.