MES is 'n Christelike geïntegreerde maatskaplike ontwikkelingsorganisasie, wat die hart van die stad sedert 1986 transformeer. Hulle werk aktief daaraan om volhoubare paaie te verskaf uit deurdringende armoede in die middestede van Johannesburg, Kaapstad, Gqeberha en Kempton Park. Ons praat hieroor met Leona Pienaar, die bestuurshoof van MES.