Magdeleen Möller is ‘n gesertifiseerde doula, met agt jaar ervaring. Sy het ook 'n graad in gesondheidswetenskappe by die Noordwes-Universiteit. As eienaar van Blissful Births, 'n omvattende private geboorteenheid, bied sy 'n reeks dienste aan om moeders se unieke behoeftes te vervul. Sy praat oor die rol van ‘n doula tydens swangerskap, geboorte en daarna.