Wat is Funksionele neurologiese versteuring? (Deel 1)

 
Funksionele neurologiese versteuring (FND) kan met verskillende neurologiese simptome gepaardgaan, en ’n groot invloed op iemand se daaglikse lewe hê. Omdat baie mense nie weet wat dit is nie, is dit moeilik om te verstaan wat iemand daardeur beleef. Catherine Lombard is in Junie vanjaar met FND en Ehlers-Danlos-sindroom gediagnoseer. Sy deel haar ervaring omdat sy glo dat meer gesprekke en begrip oor FND nodig is.