Wanneer ’n ouer ’n kind aan selfdood verloor, verander die lewe onherroeplik. Dit is ’n pad van hartseer, vrae en rou, maar ook een waaruit jy ander waardevolle insigte kan put. Ojns praat met dr. Ansie Gous, wat saam met haar man, ds. Henk Gous, hierdie verlies beleef het. Hulle het later hulle verhaal in ’n boek gedeel. Sy deel haar ervaring, en wat sy wens meer mense oor selfdood en emosionele worsteling kon verstaan. Sy gesels oor hoe families, vriende en gemeenskappe mense wat swaarkry beter kan ondersteun. Sy praat ook oor hoop ná verlies, en hoe ’n mens weer betekenis kan vind, selfs nadat jou lewe deur selfdood geraak is.