Ons almal ken die goedbedoelde raad: “Dink positief”, “Alles gebeur met ’n rede” of “Kyk net na die mooi kant.” Maar wanneer iemand deur ’n moeilike tyd gaan, kan hierdie soort positiwiteit soms meer skade as goed doen. Ons praat met Johannes de Villiers oor die verskil tussen ware vreugde en toksiese positiwiteit, en of ’n mens eintlik altyd gelukkig behoort te wees.