Blydskapsnavorser Johannes de Villiers is ’n skrywer oor bewustelikheid, meditasie en positiewe sielkunde. Sommige mense kry energie tussen ander, terwyl ander hulle batterye alleen moet herlaai. Kan iemand wat verkies om alleen te wees, net so gelukkig wees? En wat van mense wat alleen is, maar glad nie so wil wees nie?