Veronique Sampson van Atlantis se storie is bewys dat jou beginpunt nie jou eindpunt bepaal nie. Sy is tans ’n internasionale student in die VSA, maar haar reis gaan oor soveel meer as net haar eie droom. Sy het die Veronique Sampson Organisasie gestig om ander jongmense se drome oop te maak, veral dié wat voel om oorsee te studeer is buite hulle bereik. Met die hulp van borgskappe en mense wat in haar visie glo, skep sy geleenthede waar daar eers net struikelblokke was.