Sy is nie iemand wat voor die mikrofoon staan nie, maar sy speel ’n groot in hoe RSG met sy luisteraars buite die radio omgaan. Sosiale media is deesdae ’n baie belangrike deel van radio – dit help ons om gesprekke voort te sit, stories te deel en ’n gemeenskap om ons programme te bou. Agter al die plasings, video’s, kommentaar en kreatiewe idees is daar natuurlik ’n span mense. Ons wil die kollig op daardie span laat val, en meer hoor oor die mense, die werk en die kreatiwiteit agter RSG se sosiale media. Anmané Eckard, wat deel is van dié span, is ons Sterskieter.



