Deel 4: Eloise Cupido gesels elke week met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Dr. Lydia Plaatjies, ‘n boorling van Robertson, het ‘n doktorsgraad in vroeë kinderontwikkeling. Sy het ‘n passie vir boeke en lees, opvoeding en kommunikasie. Alles wat sy doen en aanpak, spruit uit wat sy in haar ma se kombuis op Robertson geleer het.