Junie is bewusmakingsmaand vir mans se geestesgesondheid. Dis ‘n tyd om die stilte oor mans se emosionele welstand te verbreek. Hoewel een uit elke agt mans op ’n stadium depressie ervaar, en een uit elke vyf met angs worstel, is mans dikwels minder geneig om hulp te soek. Ons praat met dr. Ian Westmore, ‘n kliniese sielkundige, oor die unieke faktore wat mans se geestesgesondheid beïnvloed, en hoe ons vroeër die waarskuwingstekens kan raaksien.