Soms dink ons dat ons denke, liggaam en gees drie verskillende dinge is, maar hulle praat eintlik voortdurend met mekaar. Jou gedagtes beïnvloed jou liggaam, jou liggaam verklap wat in jou emosies aangaan, en saam vorm dit wie jy is en hoe jy deur die lewe beweeg. Ons praat met dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, ’n beradingsielkundige wat al jare lank mense help om hierdie fyn balans van die verstand-liggaam-siel-verbinding te verstaan, en hoe dit ons ware self vorm.