Sinta Ebersohn is ’n mentor, trauma-ontledingspesialis en veerkragtigheidspraktisyn. Sy stap saam met mense deur egskeiding, konflik, verlies en hoëdruk stres. As die stigter van Get Up and Grow help sy individue en gesinne wêreldwyd om nie net te herstel nie, maar sterker op te staan. Sy praat oor hoe om te floreer ná die egskeiding, en hoe om jou nuwe lewe te bou.