Om 'n produktiewe en relatief stresvrye lewe te lei, het meer te doen met 'n gesonde spysvertering as wat ons dalk besef. Natuuropaat en welstandsafrigter, dr. Francois du Toit, fokus op die mikrobioom, probiotika, die biologie van 'n "gut feeling" en hoe dermgesondheid breinfunksie, geestesgesondheid en slaap beïnvloed. Hy gee raad oor faktore wat deurslaggewend is vir genesing, en wenke oor hoe om jou ingewande die beste te ondersteun. Hy bespreek hoe spysvertering breinfunksie beïnvloed.