Bloedplasmaskenking (Deel 1)

 
Die meeste mense dink waarskynlik aan bloedskenkings wanneer hulle hoor van die behoefte aan skenkers. Maar daar is nog ’n belangrike komponent van menslike bloed wat gebruik word om lewensnoodsaaklike medikasie te vervaardig - plasma. Dit word onder meer gebruik om immunoglobulienbehandelings te vervaardig vir mense met sekere immuun- en neurologiese toestande. Lizle Meyer leef met Chroniese Inflammatoriese Demiëliniserende Poliradikuloneuropatie, en is afhanklik van só ’n behandeling. Sy beywer haar daarvoor om mense bewus te maak van die verband tussen plasmaskenkings en die pasiënte wie se lewe daardeur geraak word. Ons gesels oor waarom plasma so belangrik is, wat tekorte vir pasiënte beteken, en hoe skenkers ’n verskil kan maak.