



Gesondheid: A-pokke en Ebola
30 September 2026: Die kollig val op twee aansteeklike virussiektes: A-pokke en Ebola. Die toename in gevalle van A-pokke in Suid-Afrika, veral in Wes-Kaap, maak dit noodsaaklik om meer uit te vind oor dié siekte. Die grootste uitbreking ooit van Ebola in die DRK duur voort, en laat vrae oor die ge…

Gesondheid: Lipied- en cholesterolmetabolisme
23 September 2026: Hoe vorm cholesterol plaak in jou bloedvate? Is daar ander faktore betrokke? Tot watter mate kan dieet jou bloedcholesterol en -vette verlaag? Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner oor lipied- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Vet- en cholesterol-metabolisme
16 September 2026: As die dokter sê die cholesterol en vette in jou bloed is te hoog, waar kom dit vandaan? Interessant genoeg vervaardig jou eie liggaam die meeste van jou cholesterol, maar baie van die vette kom van die kos wat jy eet. Mari Hudson praat met ‘n spesialis op die gebied van vet- en …

Gesondheid: Bloedvette en bloedcholesterolvlakke
9 September 2026: Ons hoor baie van bloedvette en bloedcholesterolvlakke, maar wat is die vette in jou liggaam en wat is cholesterol? Waar kom dit vandaan? Hoekom het jou liggaam dit nodig? Mari Hudson gesels met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Voorgeskrewe Minimumvoordele
2 September 2026: Het jy geweet siekefondse moet vir 271 siektetoestande, bekend as PMB’s of Voorgeskrewe Minimumvoordele, betaal en nie net op die vlak wat in staatshospitale aangebied word nie. Maar om op jou regte te staan, moet jy weet wat in die PMB’s is. Mari Hudson praat met ‘n verteenwoordi…

Gesondheid: Kommer oor minder orgaanoorplantings in SA
26 Augustus 2026: Die aantal orgaanoorplantings in Suid-Afrika daal. Dit wek ernstige kommer want duisende Suid-Afrikaners wag op niere, harte, lewer, longe en ander organe. Die grootste probleem is omdat heeltemal te min breindood potensiële skenkers verwys word, die gebrek aan toestemming deur fa…

Gesondheid: Para-tiroïedkliere; Osteoporose
19 Augustus 2026: Ons praat oor die funksie van die para-tiroïedkliertjies in jou nek, én oor aspekte van osteoporose. Baie gevalle van para-tiroïend-wanfunksie word nie gediagnoseer nie, maar dié wanfunksie kan lei tot osteoporose, depressie en ander komplikasies. En, as ‘n ouer mens hulle been of…

Gesondheid: Post-natale depressie; Manlike onvrugbaarheid
12 Augustus 2026: Ons sluit die gesprek oor post-natale depressie af, en kyk dan na manlike onvrugbaarheid en die rol van die gebruik van verbode anaboliese steroiede in manlike onvrugbaarheid. Mari Hudson gesels met ‘n psigiater en met ‘n fertiliteitspesials.

Gesondheid: Nageboortedepressie
5 Augustus 2026: Baie meer ma’s ly aan nageboortedepressie as wat ons dink, en hulle dink selfs aan selfdood. Tog soek baie vroue nie hulp nie omdat hulle prober deurdruk en dink hulle is slegte moeders. Daar is hulp en behandeling. Wie loop die grootste risiko? Kan ‘n swanger vrou anti-depressante…

Gesondheid: Koors by babas en kleuters
29 Julie 2026: Wannneer is koors in kinders te hoog? Is die oorsake van koors in babas dieselfde as in kinders? Wat moet jy doen as jou kind koorsig is? Mari Hudson praat met ‘n pediater oor koors by babas en kleuters.