

Gesondheid: Bloedvette en bloedcholesterolvlakke
9 September 2026: Ons hoor baie van bloedvette en bloedcholesterolvlakke, maar wat is die vette in jou liggaam en wat is cholesterol? Waar kom dit vandaan? Hoekom het jou liggaam dit nodig? Mari Hudson gesels met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Voorgeskrewe Minimumvoordele
2 September 2026: Het jy geweet siekefondse moet vir 271 siektetoestande, bekend as PMB’s of Voorgeskrewe Minimumvoordele, betaal en nie net op die vlak wat in staatshospitale aangebied word nie. Maar om op jou regte te staan, moet jy weet wat in die PMB’s is. Mari Hudson praat met ‘n verteenwoordi…

Gesondheid: Kommer oor minder orgaanoorplantings in SA
26 Augustus 2026: Die aantal orgaanoorplantings in Suid-Afrika daal. Dit wek ernstige kommer want duisende Suid-Afrikaners wag op niere, harte, lewer, longe en ander organe. Die grootste probleem is omdat heeltemal te min breindood potensiële skenkers verwys word, die gebrek aan toestemming deur fa…

Gesondheid: Para-tiroïedkliere; Osteoporose
19 Augustus 2026: Ons praat oor die funksie van die para-tiroïedkliertjies in jou nek, én oor aspekte van osteoporose. Baie gevalle van para-tiroïend-wanfunksie word nie gediagnoseer nie, maar dié wanfunksie kan lei tot osteoporose, depressie en ander komplikasies. En, as ‘n ouer mens hulle been of…

Gesondheid: Post-natale depressie; Manlike onvrugbaarheid
12 Augustus 2026: Ons sluit die gesprek oor post-natale depressie af, en kyk dan na manlike onvrugbaarheid en die rol van die gebruik van verbode anaboliese steroiede in manlike onvrugbaarheid. Mari Hudson gesels met ‘n psigiater en met ‘n fertiliteitspesials.

Gesondheid: Nageboortedepressie
5 Augustus 2026: Baie meer ma’s ly aan nageboortedepressie as wat ons dink, en hulle dink selfs aan selfdood. Tog soek baie vroue nie hulp nie omdat hulle prober deurdruk en dink hulle is slegte moeders. Daar is hulp en behandeling. Wie loop die grootste risiko? Kan ‘n swanger vrou anti-depressante…

Gesondheid: Koors by babas en kleuters
29 Julie 2026: Wannneer is koors in kinders te hoog? Is die oorsake van koors in babas dieselfde as in kinders? Wat moet jy doen as jou kind koorsig is? Mari Hudson praat met ‘n pediater oor koors by babas en kleuters.

Gesondheid: Masels is gevaarlik
22 Julie 2026: Masels, ‘n gevaarlike kindersiekte, is in Suid-Afrika aan die toeneem. Die VSA beleef ook verskeie uitbrekings van dié hoogs aansteeklike siekte. Die maselsvirus kan ‘n kind se immuniteit aantas, asook sy brein en longe, en kan noodlottig wees. Mari Hudson praat met ‘n pediater oor d…

Gesondheid: Wat het swamme met jou gesondheid te doen?
15 Julie 2026: Swamme is saam met virusse, bakterieë en parasiete, een van die belangrikste organismes wat jou kan siek maak. Dink maar aan toksiese aflatoksien en die lastige Candida infeksies. Maar dit is ook danksy swamgroei wat die antibiotika, penissilien, ontdek is. ‘n Mediese navorser van Tu…

Gesondheid: Longprobleme
8 Julie 2026: Wat sê jou gehoes van jou onderliggende siekte? En hoe klink longklanke van asma, longomtsteking, longfibrose en ander longprobleme deur die stetoskoop van ‘n dokter? Mari Hudson praat met ‘n longspesialis.