

Gesondheid 7 Januarie 2026
In ons tweede en finale terugblik op 2025, fokus ons op obesiteit, nie-mediese mense wat Ozempic bemark, Tik-verslawing, demensie, artritis en genetiese toetse vir borskanker.

Gesondheid 31 Desember 2025
Ons kyk terug op gesondheidsprogramme wat in 2025 uitgesaai is, en fokus op vroeggebore babas en op ovum-bevriesing.

Gesondheid 24 Desember 2025
Aktrise en Kwêla-aanbieder Therese Bam deel openhartig haar reis van hartseer en vreugde tot waar sy uiteindelik haar babaseun in haar arms kon vashou, danksy skenkereierselle.

Gesondheid 17 Desember 2025
Kate Borthwick se reis met aggressiewe miëloom was nie maklik nie. Sy kon nou, danksy skarefinansiering, met uiters duur, nuwe immunoterepaie begin. Sy ontsnap van haar kankergedagtes deur haar musiek. Sy vertel meer oor haar kanker, haar behandeling en haar musiek aan Marí Hudson.

Gesondheid 10 Desember 2025
Die eerlike en onstellende vertelling van ‘n borskankerpasiënt lê bloot hoe ‘n algemene praktisyn en ginekoloog se gebrekkige insig in genetika haar ontneem het om borskanker te keer. Marí Hudson gesels met ‘n borskankerpasiënt, ‘n onkoloog en genetiese raadgewer in die finale episode van die kort …

Gesondheid 3 Desember 2025
Slegs ‘n klein persentasie van borskanker-pasiënte dra een van die foutiewe gene wat ‘n rol in borskanker speel, en het dan ongelukkig ‘n groot risiko om borskanker te kry. Maar as jy weet jy het een van dié gene, kan jy besluite neem wat jou lewe kan red. Marí Hudson praat met ‘n onkoloog oor bors…

Gesondheid 26 November 2025
Watter soort kontaklens sal jou oë die beste pas? Hoe werk droë oë terwyl jou oë traan? Marí Hudson praat met ‘n oogkundige oor al die geheime wat jou oë kan verklap.

Gesondheid 19 November 2025
As jy na ‘n oogkundige gaan vir ‘n oogtoets, kan die oogkundige deur oogondersoeke nie net sien of jou retina, makula en lens gesond is nie, maar ook of jy tekens van diabetes, hoë bloeddruk en hoë cholesterol toon. Dan kan tekens van harsingskudding en selfs ‘n breingewas duidelik word. Marí Hudso…

Gesondheid 12 November 2025
Is daar ‘n verband tussen sekere gene en kanker? En wat van die genetika van die kankerselle self? Kan dié kennis help om sekere kankersoorte beter te behandel? Marí Hudson praat met ‘n genetikus wat bevestig dat die bekende borskankergene 1 en 2 inderdaad jou risiko vir verskeie kankersoorte verho…

Gesondheid 5 November 2025
Hoe werk neuropatie? Is dit die gevolg van veroudering, ’n vasgeknypte senuwee, of is daar ander oorsake? Kan dit behandel word?