In die Suid-Afrikaanse konteks is lewensomstandighede dikwels so desperaat dat die tyd vir praat alleen verby is. Dit is nou ‘n tyd waarin ons sien dat mense hulle geloof omsit in planne wat aksies word wat gemeenskappe ‘n beter plek kan maak. Lizelle de Bruin praat samevattend met dr. Frederick Marais oor die lewenslesse wat die afgelope 13 weke in die program na vore gekom het.