In die Suid-Afrikaanse konteks is lewensomstandighede dikwels so desperaat dat die tyd vir praat alleen verby is. Dit is nou ‘n tyd waarin ons sien dat mense hulle geloof omsit in planne wat aksies word wat gemeenskappe ‘n beter plek kan maak. Dr. Izanet van Schalwyk vertel van die Bloubusbediening, en hulle werk onder die jeug en vroue in Delft.