In die Suid-Afrikaanse konteks is lewensomstandighede dikwels so desperaat dat die tyd vir praat alleen verby is. Dit is nou ‘n tyd waarin ons sien dat mense hulle geloof omsit in planne wat aksies word wat gemeenskappe ‘n beter plek kan maak. Magdie van Heerden en Elsa Bresler vertel van Huis Horison, ‘n unieke sentrum wat residensiële sorg en beskutte indiensneming bied aan mense met primêre intellektuele gestremdhede.