In die Suid-Afrikaanse konteks is lewensomstandighede dikwels so desperaat dat die tyd vir praat alleen verby is. Dit is nou ‘n tyd waarin ons sien dat mense hulle geloof omsit in planne, wat aksies word wat gemeeskappe ‘n beter plek kan maak. Ds. Schalk van Heerden en Doc Mabila van Betereinders vertel van hulle werk onder die renosterstopers in die Krugerwildtuin.