In die Suid-Afrikaanse konteks is lewensomstandighede dikwels so desperaat dat die tyd vir praat alleen verby is. Dit is nou ‘n tyd waarin ons sien dat mense hulle geloof omsit in planne wat aksies word wat gemeenskappe ‘n beter plek kan maak. Professor Hannes Knoetze van Departement Praktiese Teologie en Sendingstudies aan die Universiteit van Pretoria vertel van die Portugese soldategemeenskap van Pomfrit.