Die ikoniese Campanile toring met klokke in Port Elizabeth is heropen na opknapping van sowat twintig miljoen rand. Dit is in 1923 gebou ter viering van die honderdste herdenking van die aankoms van die Britse Setlaars in 1820. Die rooibaksteengebou is 'n bekend landmerk in die Vriendelike Stad. Die 23 gerestoureerde koper klokke van twee oktawe, sal nou weer elke 15 minute weerklink nadat dit stil was vir jare. Veronica Fourie doen verslag.