’n Terloopse opmerking oor sy lang arms het gemaak dat ’n man van sy ernstige rugbybesering vergeet het, skape begin skeer het en toe ’n besigheid daaruit gebou het. Dit in kort is die verhaal van Tienie du Plessis, Suid-Afrikaanse skaapskeer-rekordhouer. Isak Klopper, bestuurder van skeeropleiding by die Nasionale Wolkwekersvereniging, vertel vir Mariska Spoormaker wat gebeur het.