Pluimballe se pryse het die hoogte in geskiet. Die balle word met 16 gans- of eendvere van dieselfde vlerk gemaak. In China waar die meeste pluimballe vervaardig word, het gansboerdery dramaties afgeneem. Die Chinese eet nou baie meer vark. Nou laat die Pluimbal Wêreld Federasie sintetiese pluimballe in graad 3 en junior internasionale kompetisies toe.