Op die vakansiedorp Jeffreysbaai het Mariska Spoormaker 'n man in die fleur van sy lewe ontmoet, wat 'n stokou beroep beoefen. Sy naam is Markham Geswint, en op 46-jarige ouderdom is dit sy voltydse beroep om opwenhorlosies te herstel, veral die staanhorlosie of die Grandfather Clock soos dit in Engels genoem word.