Maatskaplike hulpwerker Charlo Blignault het jare gelede opgemerk hoe baie senior inwoners van die Oos-Kaapse dorpie, Thornhill, in hulle huise sit en vereensaam. Sy het besluit om plan te maak, en in 2006 het Klub Cha’lo tot stand gekom. Dis nou 19 jaar later, en steeds bly die klub ewe gesellig op dreef, het Mariska Spoormaker gevind.