Mariska Spoormaker het kennis gemaak met ‘n pienk Karoo, toe sy gaan fietsry het op die plaas Nagtegaalsfontein buite Colesberg. In hierdie omgewing is die sonsondergange nie net rooskleurig nie, daar was ook die slag van Pink Hill tydens die Anglo-Boereoorlog. Daar is selfs ook die Pink Hill Karoo kliphuis. Cornel Strydom van Nagtegaalsfontein, skepper van die besonderse kliphuis, vertel.