Tradisionele Arabiese markte verkoop dikwels speserye, tekstiele, leerware, juweliersware, handwerk en kos. Dit dien ook as 'n sosiale bymekaarkomplek, en staan bekend as ‘n Souk. Jy hoef nie na Marrakesj, Tunis of Fez te reis nie, want in Prins Albert is daar ‘n Karoo Souk, waar Johan Rademan met ‘n wolspinner en -wewer gesels het, wat dié kuns al amper vier dekades lank beoefen.