Chumani Makunga van Oos-Londen se ouma het só geglo dat haar kleinkind meertalig moet wees, met die gevolg dat hy vandag Xhosa, Afrikaans en Engels vlot praat. Chumani se meertaligheid is ook goud werd vir die Small Projects Foundations, wat onder meer skoolkinders in die Oos-Kaap se oë toets, want hy kan met die leerlinge in hulle onderskeie moedertale kommunikeer. Mariska Spoormaker het hom tydens 'n oogtoets-sessie by Pearston Primêr ontmoet.