Martin de Kock (39) vier vanjaar sy twintigste jaar as fotograaf. Haidee Muller-Isaacs het hom destyds ontmoet toe sy as joernalis by Huisgenoot gewerk het. Martin was pas klaar met skool, en superentoesiasties. Saam het hy en Haidee die langpad aangedurf agter stories aan. En dan was daar die keer toe hulle moes weghardloop vir Prins Harry se kwaai sekuriteitswagte! Ja, hulle het perfekte foto's gekry. Martin was vreesloos. Haidee het met hom gesels oor die afgelope twintig jaar agter die kamera.