Dr. Donovan Kirkwood, kurator van die Universiteit Stellenbosch se Botaniese Tuin, is op 26 Augustus 2025 in die Jonkershoekberge oorlede nadat hy tydens ‘n plantkundige ekspedisie geval het. Hy het met CapeNature en besoekers van Cambridge Universiteit plantmateriaal versamel van ‘n spesie waarvan daar na raming minder as 50 oorgebly het. Entomoloog Marelise Faul van die Grootbos Stigting het ook saam gestap, en met haar groeiende belangstelling in botaniese kuns die plant verewig. Johan Rademan gesels met haar.



