Dirk van Eeden vertel van Laaiplek se supergewilde kerkbasaar. Daar daag elke jaar tussen 3 000 en 5 000 mense op om dié uitbundige affêre by te woon. Ons hoor van die liplekker pannekoeke en kerrieafval en nog baie meer. Dis ook nie net 'n basaar nie, dis 'n danksegingsfees.