90 SHADES OF RUBY is die tema van die uitstalling in die Durbanville-galery en Kleimuseum by Rust en Vrede. Die Kleimuseum is enig in sy soort in Suid-Afrika, en is 40 jaar gelede ingehuldig deur die legendariese keramiekkunstenaar, Esias Bosch. Die gebou dateer uit 1840, en om 40 jaar met die oog op Valentynsdag te vier met die kleur van robyne is merkwaardig. Johan Rademan het met kurator Donovan Mynhardt gesels, wat besonders trots is op die 40-jarige viering.