Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van Karoo Kaarte, die KKNK se multidissiplinêre gemeenskapsprogram, wat vanjaar vyf jaar oud word. Dié span het onlangs afgeskop met die beplanning van hulle splinternuwe teaterproduksie, Spoel, wat by die 30ste KKNK debuteer, asook hulle vele ander kreatiewe uitkomste.