Ivy Kinnear was 27 jaar lank 'n hoërskool biologie-onderwyseres, waarna sy 12 jaar lank omgewingsopvoedkundige by UWK was. Sy kom oorspronklik van die skilderagtige sendingstasie, Zoar, tussen Calitzdorp en Ladismith. Sy vertel vir Haidee van huiskos, haar liefde vir Afrikaans en hoe sy verlede jaar, op 72, die voorbladgesig van die erfenistydskrif, Koe'sister, se Kersuitgawe was. En, terloops, Ivy se Sub-A onderwyseres leef nog, en is 93 jaar oud!