‘n Rus het sy sig begin verloor. ‘n CT-skandering wys toe dat ‘n besering wat hy tydens tuinmaak in 2024 opgedoen het en nie veel aan gesteur het nie, nogal erg was. ‘n Takkie van 12 cm lank het die oogkas binnegedring, wat die sinusse vernietig en die basis van die skedel beskadig het. Dit is deur sy neusholte verwyder, en sy sig is terug.