In die landbounuus: Graan SA is bekommerd oor reëntekorte in die Swartland; Agbiz sê stygende internasionale koringpryse is te laat vir verdere plaaslike aanplantings; SA Canegrowers verwelkom die regering se verhoging van die dollargebaseerde verwysingsprys vir suikerinvoere; en China is nou die wêreld se grootste produsent van makadamias.