In vandeesweek se landbounuus: Nóg ‘n terugslag vir die plaaslike suikerbedryf; die regering kondig ‘n 20%-invoertarief op grondboontjiebotter aan; Vrystaat Landbou is bekommerd oor ’n toename in landelike misdaadvoorvalle; en ons hoor hoe sommige provinsies met bek-en-klouseer-inentings vorder.