In hierdie week se landbounuus kyk ons wildboere wat ‘n saak teen Gauteng se Departement van Sosiale Ontwikkeling, Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, wen; die pluimveegroep, Astral, maak sy finansiële resultate bekend; die bek-en-klouseer-siektebeheergebied in KwaZulu-Natal word geskrap; en Suid-Afrika se koringinvoertarief spring na nul rand per ton.